Wednesday, 3 December 2014

Ons program vir 4 Desember 2014


Ons Heroes begin om 07h00 te stap vanaf Heidelberg. Om 14h00, sal Riversdal Polisie saam met Burgemeester Emor Nel, ons 3km buite die dorp op die N2 ontmoet en saam stap tot by die munisipaliteits gebou. Rdl. Prins gaan die organisasies en gemeenskappe toespreek. Bubbels Die Clown gaan chips en lekkergoed uitdeel aan die kinders.Groepe en mense wat wil deelneem kontak Theresia@076 310 8079.











Ons almal se HERO

Ek moet net hierdie vandag met julle deel - 
Dis stil in dié klas. Mnr Buys voel hoe sy binneste ruk, want hy weet hier is groot behoefte, maar ter wille van die dissipline van die klas moet die seun gestraf word. Hy versoek toe weer vir Klaas om sy
baadjie uit te trek, en weer smeek hierdie maer verwaarloosde kind: "Meneer, ek sal enigiets doen, maar asb meneer, ek kan nie die baadjie uittrek
nie".
Mnr Buys kon ook nie toegee nie, en sê weer:
"Kom Klaas, uit met die baadjie" en toe Klaas sien
hy gaan die baadjie moet uittrek, maak hy dit oop
en laat dit stadig grond toe gly en staan voor die
onderwyser met net die verflenterde ou broek aan
sy lyf.
"Klaas waar is jou hemp" vra mnr Buys."Meneer, in
ons huis is daar net een hemp en een baadjie en
dit was vandag my boetie se beurt om die hemp te
dra.
En meneer ek het nie bedoel om die brood te
neem nie, ek het gedink Jakobus gaan dit net weer
in die asblik gooi soos elke dag, en ek was baie
honger, en ek weet my boeties en sussie by die
huis is ook so honger soos ek toe dink ek hy sal
nie eens agterkom dat die brood weg is nie" hier is
dit mnr en hy plaas die oorblywende broodtjies op
die tafel.
Mnr Buys het gemaak of hy na iets op die bord kyk
om hom geleentheid te gee om sy emosies onder
beheer te kry.
Toe draai hy om en sê: "Klaas, jy verstaan dat ek
wel die dissipline moet toepas. Jy verstaan dat ek
nie 'n uitsondering kan maak nie", en Klaas kyk
hom in die oë en sê: "Ja meneer, ek verstaan" en
toe buk hy, en Mnr Buys tel die rottang op om die
eerste hou te slaan, toe breek Jacobus se stem die
stilte in die klas, "Wag Meneer moenie hom slaan
nie." Mnr Buys kyk na Jacobus en sê:
"Nee Jacobus jy weet dat die straf moet toegepas
word vir die oortreding van julle reëls". Ja meneer,
maar moenie hom slaan nie, hy was baie honger
en het aan sy boeties en sussie gedink by die huis,
ek sal liewer in sy plek kom buk om sy straf wat hy
moet kry te vat."
En Jacobus staan op en stap vorentoe. Daar was
nie n droë oog daardie dag in daardie klas nie.
Maar net so het Iemand reeds voor die VADER
gestaan en gesê, Asseblief VADER moenie hulle
straf nie, EK sal in hulle plek die straf op MY neem.
Kom ons maak 'n punt daarvan om in hierdie
nuwe dag, hierdie nuwe week opnuut vir JESUS
dankie te sê vir die straf wat HY namens ons
verduur het. Laat mens dink, dink voor jy praat en
doen aan andere wat jy graag wil hê gedoen moet
word aan jou.
Sien ook die nood raak van die ander met wie jy 'n
pad kruis. Nou as jy, soos ek, nat gehuilde oë het
omrede jy besef hoe kosbaar JESUS se offer was,
stuur asb hierdie boodskap na iemand vir wie dit
vandag 'n verskil sal maak!

Dag 3 Ons ander Heroes



Vandag het ons stapper Rdl. Prins gerus maar ander Heroes wat deel vorm van hierdie veldtog en die groep Beautifull Women het gewerk vandag.

Die laaste funksie wat Beautifull Women aanbied vir 2014 vind plaas 6 Desember in George. Agter die skerms is ons CEO Connie Dalton hard besig om alles gereel te kry en dat hierdie jaar baie goed afsluit.

Connie het die boek "Die Liede bly die Grootste " begin skryf aan die begin van Januarie 2014 en April is die boek na die drukkers en word op 16 Mei bekend gestel by die Bravo Lounge van die Garden Route Casino. Saam met dit bring Monja Cameron ook haar nuwe CD "Die Liefde bly die Grootste "uit.

Beautifull Women het by `n paar projekte betrokke geraak die jaar wat `n inpak op die gemeenskap van Albertinia gehad het.

Om deel van "I need a Hero" Veldtog te wees is wonderlik.

Die funksie wat ons reel se tema is Dankbaarheid. Ons is so Dankbaar vir dit wat die Here vir ons gedoen het die jaar, deure wat Hy oopgemaak het, genesing wat Hy gebring het. Ons gassprekers by die funksie is Henk en Sandra Barnard. Albei kom al `n langpad saam met ons en het diepspore getrap in ons harte.

Vir vroue en mans wat belangstel om deel van hierdie funkie te wees Saterdag 6 Desember kontak vir Connie@076 985 0905


I Need a Hero: On the road again Dag 2

I Need a Hero: On the road again Dag 2: Vroeg oggend van Dag 2 val ons in die pad. Rdl. Prins begin die volgende skof van Slangrivier na Heidelberg. Na ongeveer 2 ure kan ons Heide...

Tuesday, 2 December 2014

On the road again Dag 2

Vroeg oggend van Dag 2 val ons in die pad. Rdl. Prins begin die volgende skof van Slangrivier na Heidelberg. Na ongeveer 2 ure kan ons Heidelberg sien en terselfde tyd is ons almal lekker honger.

Dit is tyd vir ontbyt en ons sak op die Wimpy toe. Onmiddelik het die koffie verlaafdes elkeen van Wimpy se beroemde koffie bestel en `n lekker ontbyt.

Ons het lekker om die tafel gekuier en strategie gepraat. Daarna was dit tyd vir die volgende skof.

Rdl. Prins en Gerswin het eers geposeer vir fotos voordat hulle in die reen begin stap.

Dit laat ons dink. Heroes is daardie mense wat bereid is om dinge te doen al is die omstandighede nie altyd reg nie, situasies is nie altyd gemaklik nie of wat ook al die rede is. Heroes gaan altyd die ekstra myl om iets te doen sonder om betaling te kry.

Hoe sal ons lewens wees as daar geen Heroes sou wees nie. Niemand wat uitkyk vir ons nie, of namens ons optree nie of net die paaie gelyk maak nie?

Danksy sekere Heroes in Albertinia is daar mense wat werklik daardie een myl verder gaan en verandering in iemand se lewe bring.

On the road again fotos



Hier gaan ons

Ons eerste dag het baie vroeg begin. Eers `n blits besoek gebring aan Juffrou Terblanche wat na 40jaar in die onderwys die tuig neergelê het.

1 Desember is amptelik Vigsdag en `n paar geskenkies uitgedeel aan die kinders.

Daarna  Kersvader gewees en die inwoners van Albertinia Versorgingsdienste se harte bly gemaak met `n vroee geskenkkie.

Ons Heroes was Mnr. Denis Joseph, Hessequa LPP, Rdl. Prins, Gerswin Cupido en die heel nuutste inwoner van Albertinia nl Bubbels die Wonder Nar.

Later het die span van I need a Hero Veldtog in die pad geval en gery na die Weskantgrens van Hessequa. Dit was een van daardie bekende warm dae van Hessequa. Rdl. Prins het met die staptog begin.

Drie ure later het hy die ingang na Slangrivier bereik en op die kampbedjie neergesak en gerus. Sy bene is ingevryf met Aloe Ferox se spierpynverligter en hy het vrugtesap van ERA gedrink.

Later die aand spreek hy die kinders en gemeenskap toe in Slangrivier se gemeenskapsaal en verduidelik dat ons elkeen `n Hero nodig het. Dat die kinders se pa`s hulle Heroes moet wees. Heroes is veronderstel om vrouens en kinders te beskerm en dat Heroes rand nie mense aan nie.

Kinders en vrouens moet nie stil bly nie maar moet praat en hulp vra as hulle seergemaak word of as hulle sien iemand anders word seergemaak.

Fotos van ons eerste dag

Tuesday, 25 November 2014

16 Dae van Aktivisme. Geweld teen Vroue en Kinders

16 Dae van Aktivisme. Geweld teen Vroue en Kinders

Ons ken baie stukkende mense-mishandeling ken geen grense
Ryk of arm spring dit nie vry – baie gesinne moet daar onder ly
Gemeenskap slaan ag op verdagte geluide –
En moet nie stilbly soos stom kluite
Ondersteun ons vroue en kinders emosioneel
Sodat ons kan help om hul seer te heel.

Ons ken baie gebroke vroue – wat huil in hul moue
Moet nooit dat `n man jou lewe oorheers – want jy word ontneem van jou eie mens wees
Jou selfvertroue kry `n knou – en laat jou met `n diepte berou
Is jou man jaloers? – laat hom kies sy eie koers
Anders begin hy baklei – en kan nie meer die familie lei nie

Drink hy alkohol en bier? – gaan geweld beslis seëvier
Dan word vroue en kinders verkrag – deur die mans se mag
Die jeug is ongeskonde – maar deur verkragtings voel hul gebonde
Mans moenie maak, ons kinders seer – want hulle is nog so teer
Hulle is nog so klein - met hartjie rein

Fisiese mishandeling word nie geduld - `n probleem is nie die vrou se skuld
Ekonomiese behandeling is baie wreed –
Dan kan die familie nie ordentlik eet
Emosionele mishandeling is ook `n probleem –
want dit kan ons vroue hulselfvertroue ontneem
Vroue en kinders word seksueel molesteer
En dit ontneem hul selfrespek en eer

Stop om ons vroue en kinders te mishandel
Mans, leer net om die regte pad te bewandel
Geskryf deur Elizabeth Riddles.